Hierdie produksie is te sien by WOORDFEES 2018 in Stellenbosch op
6 Maart, 11:00
7 Maart, 20:30
10 Maart, 20:30
Kaartjies by https://online.computicket.com/web/event/die_groot_misterie_van_twee_vroue/1202081020/0/83738262
DIE GROOT MISTERIE VAN TWEE VROUE: BRIEWE AAN ANNA
TT Cloete het briewe aan sy vrou Anna begin skryf van 2002 toe sy met ongeneeslike kanker gediagnoseer is en net 3 maande lewensverwagting vir haar voorspel is. Hy het die briewe nooit vir haar gegee om te lees nie om emosionele redes. Hy het aangehou met die skryf van die briewe totdat sy in 2007 oorlede is, maar die verstommende daarvan: Hy het na haar sterwe steeds daarmee voortgegaan tot met sy eie dood in Julie 2015. Anna was ná haar dood, soos gedurende haar lewe, steeds die anima van sy digterskap.
In hierdie produksie lees Carel Trichardt en Petru Wessels van die briewe voor uit Die groot misterie van twee Vroue. Briewe aan Anna, asook van TT Cloete se gedigte. Dit word aangevul deur toonsettings van Cloete se gedigte deur Babette Viljoen en Olga Leonard wat in 2014 die produksie “God die digter” met TT Cloete op die verhoog gedoen het.
Praat gerus saam