Babette Viljoen

Anderkant se mense

  • Nuus
  • Vertonings
  • Fotos
  • Biografie
  • Kontak

Sixty – Love: Op reis met Joan Hambidge

Joan Hambidge het 60 geword in September 2016. Ons neem ’n blitsreis deur 20 bundels en meer as 600 gedigte in ’n 60-minuutvertoning. Die reis bevat “geordende onthoue” van Hambidge se ouers en familieskap, en staan stil by die liefde, eensaamheid, digterskap,metafisika, reise en die dood. Haar digkuns tree in gesprek met digters soos Johann de Lange en TT Cloete.

Toonsettings deur Olga Leonard en Babette Viljoen, met musikale regie deur Lize Beekman.

Die produksie is tydens Aardklop 2016 (Potchefstroom) en Digtersfees 2016 (Wellington) aangebied met Pierre-André Viviers as regisseur. Hy was ook verantwoordelik vir die stelontwerp. Alanka Craffert was die verteller.

Tydens Woordfees 2017 word die produksie in ‘n ander formaat op die planke gebring, met Lize Beekman as voorleser.

Gebêre onder: Uncategorized December 12, 2016 Gekryf deur Babette

Praat gerus saam Cancel reply

Bespreek my vir
'n vertoning
Besame - Key change
http://www.babetteviljoen.co.za/wp-content/uploads/Besame-1.mp3
Skrif aan die muur - Skynskadu
http://www.babetteviljoen.co.za/wp-content/uploads/Skrif-aan-die-muur-CBLR-Babette.mp3
Retoriese vraag - God die digter
http://www.babetteviljoen.co.za/wp-content/uploads/Retoriese-vraag-1.mp3
Dalene se bos - Babette Viljoen
http://www.babetteviljoen.co.za/wp-content/uploads/Babette-Mix-F-1.mp3

Babette Viljoen

Babette is 'n veelsydige musikant. Behalwe vir optredes as solokunstenaar, het sy al verskeie Afrikaanse gedigte getoonset en is ook betrokke by woordkunsproduksies. Babette en Olga Leonard is direkteure van BO PRODUKSIES. Sy tree graag op by spesiale geleenthede asook by intieme vertonings, markte, feeste en korporatiewe geleenthede.

Ander skakels

Musieklesse
Key Change MusicCo
Bo Produksies

Kopiereg © 2021 · Babette Viljoen · Alle regte voorbehou · Gemaak met pret en plesier deur Amanda