Antjie Krog het geen bekendstelling nodig nie: Haar digkuns spreek sedert 1970 op verskeie vlakke tot vele lesers. Liefde, familieskap, rassekwessies en vrouwees is maar enkele temas wat uitstaan in haar oeuvre.
In hierdie produksie span Babette Viljoen, Olga Leonard en Hilandi du Toit saam en omvou Krog se werke met ryk melodieë. In ’n 60-minute kragtoer word KROG voorgesit met toonsettings van ’n keur uit haar gedigte wat toegelig word met stem, klavier, trekklavier en ’n kas vol kitare.
Praat gerus saam